NG Kerk Plettenbergbaai
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
Matteus 18 vers 19 & 20
Erediens Punte
NG Kerk Plettenbergbaai bestaan uit twee wyke met kerkgeboue in Marineweg Plettenbergbaai, Wittedrift en Nature’s Valley. Seisoenale dienstye sal op die kennisgewings verskyn sodra dit gefinaliseer word
ALMAL WELKOM!
Plettenbergbaai
- Sondae, 09:00
- 15 Marineweg, halfpad tussen Shell Ultra City en die Dolfynesirkel.
- Padaanwysings
Wittedrift
- Sondae, 10:00
- Hoek van Hoofweg en Kerkstraat in Wittedrift, Plettenbergbaai
- Padaanwysings
Nature's Valley
- Elke laaste Sondag van die maand om 08:30 en seisonaal om Paasnaweek en Kersfees
- Kerkgebou is +/- 800 meter af met St. George's straat in Nature's Valley
Seisonaal - Keurboomstrand
Opelugdienste word onder die melkhoutbome by Keurrus gehou. Ry deur Arch Rock-vakansieoord tot by die privaat woonwapark aan die einde van die pad. Bring asseblief jou eie strandstoel.
Seisonaal - Forever Resorts
Daar word op Kersdag ‘n opelugdiens op die grasperke langs die swembad gehou. ‘n Aantal stoele word deur die oord voorsien, maar jy is welkom om jou eie strandstoel saam te bring.
Ons Geskiedenis
Gedurende 1929 het die kerkraad van die N G Kerk Knysna begin praat oor afstigting na die ooste.
Die gemeente se gebied het te groot geword om doeltreffend deur net een predikant bedien te word.
Op 29 Januarie 1930 het die Ringskommissie van die Ring van George met belanghebbendes op die plaas “Wittedrift” vergader. By hierdie vergadering is besluit om Knysna-gemeente tussen Plettenbergbaai en Knysna te deel.
Die Ring het besluit om Wittedrift die middelpunt te maak, omdat daar genoeg water en weiding was vir die trekdiere wat daardie jare die vervoermiddel was. Verder was daar ook reeds ’n kerkplaas (’n begraafplaas) en ’n skoolgebou.
Die Ringskommissie het ook op ’n neutrale naam vir die gemeente besluit. Vanaf 1930 tot kort na die inhuldiging van die nuwe kerkkompleks in Plettenbergbaai in 1987, het die gemeente as die “N G Kerk McLachlan” bekend gestaan.
Op 20 Oktober 1934 het die kerkraad besluit om ’n kerksaal in Plettenbergbaai se middedorp te bou. Die saal is gebou waar die huidige “Le Vaillant” meenthuis-kompleks nou is. Hierdie kerksaal is vir kerkdienste gebruik totdat die nuwe kerkgebou in Marineweg in 1987 in gebruik geneem is.
NUUS
Maak 'n nota
WhatsApp Groepe & Facebook skakels
Volgens POPIA wetgewing, moet almal self aansluit by ons sosiale…