
Die tema : Die liefde van God in Christus dring ons deur die uitgestorte Heilige Gees om te wees, om te groei, om gevorm te word, om sekere dinge te laat gaan, en ook om ingebou te word as lewende stene tot eer van God.
Die ankerteks vir die reeks in 2 Korintiërs 5:14-20, maar ons luister ook na ander tekste, waaronder: Matteus 16, Johannes 17, Romeine 5, 1 Korintiërs 5, Galasiërs 3, Efesiërs 2 & 4, Filippense 1 & 2, Kolossense 2 & 3, 1 Tessalonisense 4, 1 Petrus 4, Hebreërs 12 en Openbaring 7.
Die sewe byeenkomste is soos volg:
Donderdag 14 Mei, 18:00, Kerksaal
Sondag 17 Mei, 10:00, Kerkgebou
Maandag 18 Mei, 18:00, Kerksaal
Dinsdag 19 Mei, 18:00, Kerksaal
Woensdag 20 Mei, Kerksaal
Donderdag 21 Mei, Kerksaal
Sondag 24 Mei, Kerkgebou – ook Pinksterfees met die viering van die Heilige Nagmaal.
Ons is terdeë bewus van die impak wat huidige weerstoestande op gelowiges se bewegings het. Daarom berei ons voor om die pinksterbidure soos gewoonlik op die vyf weeksaande in die Kerksaal op Wittedrift aan te bied (met sop en brood na die diens), terwyl die twee Sondag-eredienste in die Kerkgebou (sonder sop en brood) aangebied word. Ons berei ook voor om die byeenkomste via die gemeente se whatsapp-blad uit te saai, mits daar ‘n selfoonsein beskikbaar is. As derde moontlikheid berei ons voor om die boodskappe geheel en al virtueel aan te bied, hetsy met ‘n video-opname en/of skriftelik via whatsapp aan belangstellendes. Ons sal die gemeente via die onderskeie sosiale media platforms op hoogte hou.
Bid asseblief saam met ons dat die Heilige Gees ons ontvanklik sal maak vir die groei wat Hy vir ons beplan.