Indien jy kans sien, kom deel in wat waarskynlik die laaste Oukersnag Kersligdiens op Wittedrift sal wees. Bedieninge kom en gaan en dit lyk asof dit dalk tyd is om hierdie spesifieke bediening af te skaal. Hierdie Woensdag om 23:30 in die kerkgebou op Wittedrift sing ons kersliede, luister ons na kerstekste uit die Bybel, en spandeer ons gebedstyd saam met die Here Jesus. Om middernag sing ons saam “Stille nag”, waarna ons huiswaarts keer.