
Wanneer ons oor ons Deernisroeping nadink, juis te midde van soveel emosie en onrustigheid, kyk ons in die eerste plek van die leiding wat die Bybel aan ons gee. Terwyl so baie mense in hierdie dae haat spreek en haat besig, rig gelowiges hul oë op die woorde en voorbeeld van die Here Jesus.
In Lukas 6:27-28 het Jesus gesê: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.”
Daarom kan ons as gelowiges nie ons deernis deur haat laat versmoor nie.