Geloftediens, 16 Desember

Geloftediens, 16 Desember
Geloftedag het vir baie Afrikaanssprekende gelowiges ‘n belangrike geloofsperspektief. Om ‘n ruimte te skep waar sulke gelowiges hul dankbaarheid en toewyding aan die Here kan toon, bied die gemeente elke jaar ‘n Geloftedagdiens in die kerkgebou op Wittedrift aan. Die diens op 16 Desember 2025 begin om 09:00. Neem asseblief kennis dat dit ‘n geestelike byeenkoms is. Daar is nie ‘n politieke of kulturele element betrokke nie, God se genade staan sentraal. Erediensgangers wat wil kan na die kerkdiens die lees van die 1838-Gelofte by die Geloftekerk-replika in die kerktuin bywoon.