Damestee, 17 Oktober 2026

Damestee, 17 Oktober 2026
U word hartlik uitgenooi na ons damestee in Marineweg
17 Oktober 2026 om 10:30

Die spreker, Nicolin Hoffmann is reeds baie jare betrokke by die opleiding van geestelike begeleiers in Gauteng. Sy bied gereeld geestelike retreats aan met temas rondom die ontwikkeling van ʼn dieper pad met God deur dissiplines van stilte en kontemplasie (kontemplasie = meditasie/ dieper denke).
Die tema van haar praatjie is “Asemteue van Stilte”. Sy maak mense graag bewus dat daar meer en dieper vlakke van spiritualiteit kan wees, veral in die lewensfase waar die meeste van ons nou is. Tye van stilte en afsondering stel haar in staat om ʼn dieper pad met God te stap, en haar ideaal is om intensioneel bewustelik te leef, sodat sy God in almal en in alle omstandighede sal raaksien.

Kaartjies teen R200 per persoon beskikbaar vanaf vanaf 20 Augustus 2026 by die kerkkantoor (Mossie)
Vir navrae kontak Carin Botha: 083 343 7284